Ooms - Oppiwater Kunstefees 2017

Cape Town - Performance   Wed 3 - Thu 4 May  Cape Town
Ooms - Oppiwater Kunstefees 2017
Tobie Cronje en Gerben Kamper is twee knorrige ooms wat tot hul spyt saam in 'n ouetehuis beland.

Maar hierdie is nie 'n gewone ouetehuis nie, dis eerder 'n tipe verbeteringskool vir skatryk oues wat lastig geword het, of uit ander instansies geskors is. Die tehuis is op 'n luukse landgoed, iewers in die Kaap langs die see. Dit is omhein soos 'n tronk met wagte en selfs honde. Al hoe jy "vrywillig" hier uitkom, is in 'n doodskis. Pierre (Cronje) is al 'n hele ruk hier en het al 'n paar keer probeer ontsnap. Hy is die swartskaap en word deurgaans dopgehou. 
 
Frans (Kamper) het pas daar aangekom, glo geskors uit Huis Silwerkruin, oor sy onhebbelike gedrag. Nou begin die poppe dans. Die ooms stamp uit die staanspoor kop, maar besef gou dis nie "ons teen mekaar nie", maar eerder "ons teen die kinders". Hierdie ooms sal net mandjies vleg en tolletjie brei as dit deel is van 'n indrukwekkende ontsnappingsplan. Hulle het nog lank nie boedel oorgegee nie. 
 
Die ooms is snaaks, slim en klaar gepraat. Bekroon as die gewildste produksie by Innibos en uitverkoop by die Vrystaat Kunstefees en Aardklop.Tobie Cronje en Gerben Kamper is twee knorrige Ooms wat tot hul spyt saam in 'n ouetehuis beland. Maar hierdie is nie 'n gewone ouetehuis nie, dis eerder 'n tipe verbeteringskool vir skatryk oues wat lastig geword het of uit ander instansies geskors is. Die tehuis is op 'n luukse landgoed iewers in die Kaap langs die see. Dit is omhein soos 'n tronk met wagte en selfs honde. Al manier hoe jy 'vrywillig' uit Huis Phoenix uitkom, is in 'n doodskis.Tobie Cronje en Gerben Kamper is twee knorrige OOMS wat tot hul spyt saam in 'n ouetehuis beland. Maar hierdie is nie ' n gewone ouetehuis nie, dis eerder 'n tipe verbeteringskool vir skatryk oues wat lastig geword het of uit ander instansies geskors is. Die tehuis is op 'n luukse landgoed iewers in die Kaap langs die see. Dit is omhein soos 'n tronk met wagte en selfs honde. Al manier hoe jy "vrywillig" hier uitkom, is in 'n doodskis. Frans (Gerben Kamper) is 'n hele ruk hier en het al 'n paar keer probeer ontsnap. Hy is die swartskaap en word deurgaans dopgehou. Pierre (Tobie Cronje) het sopas daar aangeland, glo geskors uit Huis Silwerkruin oor sy onhebbelike gedrag en nou begin die poppe dans! Die OOMS stamp uit die staanspoor kop, maar besef gou dis nie " ons teen mekaar nie" dis eerder "ons teen die kinders!" Hierdie OOMS sal net mandjies vleg en tolletjiebrei as dit deel uitmaak van 'n indrukwekkende ontsnappingsplan! Hulle het nog lank nie boedel oorgegee nie. Die OOMS is snaaks, slim en klaargepraat!Tobie Cronje en Gerben Kamper is vir die eerste keer in bykans 30 jaar weer saam op die verhoog as twee knorrige ooms wat in dieselfde ouetehuis beland. Maar dis nie 'n gewone ouetehuis nie, dis eerder 'n "verbeteringskool" vir skatryk oumense wat uit hulle vorige blyplek "geskors" is. By Huis Phoenix is daar wagte en selfs honde. 
 
Ooms is aangewys as die gewildste produksie by Innibos 2016 en, wees gewaarsku. elke vertoning by Aardklop en die Vrystaat Kunstefees het uitverkoop.

Vind plaas op die MSC Sinfonia

Vertonings
09:30 & 16:00


Cost: R50



Tell your friends

Venue details

Click map to expand
Cape Town

Popular this week

Events near you

Check out our Instagram feed #thisiswhatson
Subscribe