Liewe Heksie en die Rolskaatse

Cape Town - Performance   Sat 2 December  Die Boer
Liewe Heksie en die Rolskaatse
Liewe Heksie En Die Rolskaatse met Margit Meyer-Rodenbeck en Deon van Zyl

Die geliefde Liewe Heksie is terug! Haai oe, maar sy het bietjie vergeet van verjaarsdae en daarom vier sy haar 'eerste' verjaarsdag vanjaar in Durbanville op Saterdag 19 Aug. Met haar persente, 'n biki-kini en rolskaatse beloof sy om Blommeland nog kleurryker te maak. Maar ai, die groot grillerige Geelheks probeer haar vieringe in die (rolskaats)wiele ry. Levinia vra mooi:'Asseblief klein en groot kaboutervriende van Menseland, help my dat ons al die stoute karnallies kan verwilder.' Verna Vels se immergroen verhale word verlewendig met baie gehoordeelname en voortsnellende aksie. Margit Meyer-Rödenbeck (alias Dowwe Dolla) is die 'ultimate', nimlike Heksie en uiters talentvolle Deon van Zyl draf die rolle van Karel Kat, Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf. 'n Aanbieding vir die hele gesin: by die KKNK het selfs van die volwassenes gesê- dit was hul vermaaklikste produksie in jare!

From 13:30


 

Cost: R75



Tell your friends

Venue details

Click map to expand

Popular this week

Events near you

Check out our Instagram feed #thisiswhatson
Subscribe