DON'T
PANIC
You've clicked on a link to an event (Adam Tas) that finished on 29th March. Were you perhaps looking for this event?
ADAM - Bewe - Middagvertoning (Afrikaans)
19 August 18, Die Boer

Wanneer jy na ADAM se musiek luister, is dit maklik om te verstaan hoekom dié musiekgroep so gewild is in die Afrikaanse vermaakbedryf. Hierdie drie musikante, Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant, het nou maar een maal 'n manier om pragtige lirieke te verweef met hulle kenmerkende unieke styl en dit in perfekte harmonie met luisteraars te deel. Hulle nuwe album is pas op die rak en bou voort op die wenresep wat van dag een af aanhangers se harte verower het. BEWE bestaan uit elf splinternuwe snitte wat wissel tussen voetstamplekker dansliedjies, sielvolle hartsballades en kreatiewe verwerkings van ou gunstelinge. Die inhoud van hierdie vrystelling was 'n spanpoging deur Hugo Ludik, Reynardt Hugo, Vaughan Gardiner en Nerine Gardiner. Dit sluit ook 'n duet, Kalmeer, met Kyle se vrou in, wat beloof om selfs die kritieste oor tevrede te stel. 'Die tema van die nuwe popalbum is emosionele patriotisme. Dis om deur 'n lens te kyk van iemand wat 'n trotse Suid-Afrikaner is. Ons sing oor ons pragtige meisies, ons pragtige land en ons geskiedenis en toekoms,' vertel Kyle Grant. 'Ons het besluit om ons luisteraars te bederf met elf splinternuwe snitte asook liedjies wat hulle ken. Daar is ook 'n definitiewe groei in ADAM se styl en 'n volwassenheid wat in ons nuwe musiek deurkom,' voeg Reynardt by. Hulle vorige album, Hoogtevrees, het in 2017 twee Ghoema-toekennings (Groep van die Jaar en Beste Album deur 'n Groep of Duo) en 'n SAMA-toekenning vir Beste Popalbum opgeraap en die titelsnit, wat deur Hugo en Reynardt geskryf is, het verskeie weke bo-aan die treffersparades van groot radiostasies gekuier. Van 13:30 - 15:20

Click here to view this event >>


Not what you're looking for? Perhaps it's one of these: Most popular on What's On this week

Popular this week

Events near you

Check out our Instagram feed #thisiswhatson
Subscribe