
Die Pretoria Boeremark, onder die vaandel van TLU SA, is vir die eerste keer gehou op 10 Oktober 1992, op 'n stukkie grond tussen die N1 snelweg en die WNNR.
Van die begin af was die mark 'n groot sukses en die inkomste wat uit stalletjiefooie gegenereer word, word terug geploeg in landbou. Met die beplanningsfase van die 'Innovation Hub' het dit egter duidelik geword dat die ingangsroete na die 'Hub', deur die Boeremark se parkeerarea sou loop. Na verskeie opsies oorweeg is, is daar besluit om die mark te verskuif na die Pionier Museum se terrein in Januarie 2004.
Address Keuning Road, La Concorde
|
Events Boeremark Sat 25 May 13
Boeremark Sat 01 June 13
Boeremark Sat 08 June 13
Boeremark Sat 15 June 13
|